Toffiepot Poeding

  • 4 eetlepels suiker
  • 4 eetlepels botter
  • 4 eetlepels konfyt soos appelkoos
  • 2 eiers, geklits
  • 8 eetlepels meel
  • 2 teelepels koeksoda
  • 1 koppie melk Sous
  • 1½ koppie melk
  • 1½ koppie suiker
  • ½ koppie room of ingedampte melk (Ideal Milk)
  • 2 teelepels vanieljegeursel
    Só maak jy
  1. Room die botter en suiker tot liggeel. Voeg die konfyt en eiers by die bottermengsel. Voeg die meel bietjie vir bietjie by. Meng die koeksoda met die melk en voeg dit bietjie vir bietjie by die mengsel totdat dit goed geklits is. Hou die beslag eenkant.
  2. Kook eers die sous deur al die bestanddele daarvoor in ’n groot swartboomkastrol van ten minste 3 liter te meng. Bring dit tot kookpunt.
  3. Terwyl die sous besig is om te kook, gooi die beslag stadig oor die agterkant van ’n houtlepel, in die sous. Moet dit glad nie roer nie. Plaas dadelik ’n deksel wat dig sluit op die pot. Prut dit vir 25 minute oor ’n matige hitte – pasop dit brand maklik. Die poeding sal verdik en ’n karamelagtige kleur kry. Verwyder van die hitte en laat staan 10 minute met die deksel voordat jy dit voorsit.

Similar Posts

  • Skenkel Potjie

    Benodighede: Gebruik ‘n no. 3 of no. 4 potjie. 2 kg lamskenkels sout en swartpeper na smaak 4 medium uie – opgekerf 4 knoffelhuisies – fyn opgekerf 2 x 410gm blikkie geskilde, opgesnyde tamaties 1 x 410gm blikkie “chick peas” 1 x 115gm blikkie tamatiepasta 1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny (Na gekerf

  • Soet-Suur Hoendervlerkies

    Bestandele: 12 hoendervlerkies ½ koppie kookolie 1 gerasperde ui 1 teel vars knoffel 1 teel vars gemmer 1 koppie tamatiepuree 1 koppie tamatiesous ½ koppie asyn ¼ koppie Worcestershire sous ½ koppie bruinsuiker 1 teel chilli pasta 1 teel suurlemoenpeper 2 teel vars suurlemoensap 1 koppie water sout na smaak Verhit die olie in ‘n

  • Souskluitjies

    Bestandele: Kluitjies: 250 ml koekmeelblom 10 ml bakpoeier 2 ml sout 50 ml margarien / botter 1 eier 100 ml melk Sous: 500 ml kookwater 25 ml margarien / botter kaneelsuiker Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en

  • Beestert Potjie

    Bestandele: 2 beessterte opgesny  4 wortels in dik skywe gesny 3 medium gekapte uie  1 blikkie botterboontjies sout 1 pakkie beesstertpoeier 250ml beesboeljon  4 aartappels in dik skywe gesny 250ml groenertjies  250g sampioene 6 murgpampoentjies in skyfies  2 uie in skywe gesny METODE: Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. 

  • Maalvleisgereg

    Bestandele: 500 g maalvleis 250 ml koue water 5ml sout 2 ml peper 100 ml blatjang 250 ml rou rys afgespoel Uie soos verkies 410 g minestronesop 285 g geroomde sampoeine 500 ml kookwater Meng maalvleis, koue water, sout, peper. Kook vinnig sonder deksel, tot vloeistof weg is. Skep maalvleis in ‘n bak. Smeer blatjang

  • | |

    Hoender Bredie

    hoenderbredie Bestandele: 1 kg Hoender Sout & Peper 1 Pakkie Sampioensop 250 ml macaroni 125 g botter of margarien 2 uie in blokkies gesny 4 tamaties in blokkies gesny 125 ml ongesifte koekmeelblom 200 ml Water 250 ml Kaas Geur hoender met sout & peper en kook tot sag. Ontbeen en sny vleis in stukke.