Beeskerrie Pastei

Bestanddele:

Vir die vulsel:
500 g beesbredievleis (bv. skaaf- of bladvleis)
30 ml groente-olie
1 groot ui, fyngekap
3 knoffelhuise, fyngedruk
15 ml kerriepoeier
5 ml gemaalde komyn
5 ml borrie
1 teelepel paprika
Sout en peper na smaak
250 ml beesbouillon
125 ml klappermelk (of vars room)

Vir die deeg:
250 g bruis meel
5 ml sout
125 g koue botter, in blokkies gesny
60 ml yskoue water

Instruksies:

  1. Verhit die oond voor tot 180°C.
  2. Verhit die olie in ‘n groot pan oor matige hitte. Voeg die ui by en kook tot sag. Voeg knoffel by en kook vir 1 minuut.
  3. Voeg die beesvleis by en braai tot dit bruin is. Voeg kerriepoeier, komyn, borrie, paprika, sout en peper by. Kook vir 1 minuut.
  4. Voeg die beesbouillon by en bring aan die kook. Verminder die hitte en prut vir 30 minute of tot die vleis sag is.
  5. Roer die klappermelk (of vars room) by. Laat afkoel.
  6. Vir die deeg, meng die meel en sout in ‘n bak. Voeg die botter by en vryf dit in die meel tot dit sobrooskrummels lyk. Voeg geleidelik die water by en meng tot ‘n deeg vorm.
  7. Rol die deeg uit op ‘n bebloemde oppervlak tot sowat 3 mm dik. Skep die beesmengsel in ‘n pasteibak en bedek met die deeg. Sny die rande reg en druk toe om te verseël.
  8. Bestryk die deeg met geklitste eier en bak vir 25–30 minute of tot goudbruin.

Beesbredie en Kapok Aartappels

Bestanddele:

Vir die Beesbredie:
900 g beesvleis (in blokkies van 3,75 cm gesny)
Sout & peper na smaak
30 ml olyfolie
1 rooiui (fyngekap)
3 knoffelhuise (fyngedruk)
125 ml groenolymte (heel of in helftes)
30 ml tamatiepasta
250 ml rooiwyn (of beesbouillon)
250 ml beesbouillon
5 ml paprika
2,5 ml gedroogde tiemie
1 lourierblad

Vir die Kapokaartappels:
900 g aartappels (geskil, in blokkies)
125 ml room
60 ml botter
Sout na smaak

Instruksies:

  1. Braai die Beesvleis: Season die beesblokkies royaal. Braai in olyfolie in ‘n groot pot tot dit bruin is. Verwyder en sit eenkant.
  2. Soteer Aromaties: In dieselfde pot, soteer die uie tot sag. Voeg knoffel, tamatiepasta en paprika by—kook vir 1 minuut.
  3. Ontglans & Prut: Voeg rooiwyn by om die pot te ontglans. Skraap die bruin korsies los. Roer bouillon, olywe, tiemie, lourierblad en die gebraaide beesvleis in. Dek toe en prut op lae hitte vir 1,5–2 uur tot die vleis sag is.
  4. Maak Kapokaartappels: Kook aartappels tot sag. Dreinier en kap met botter, room en sout tot romig.
  5. Bedien: Skep kapokaartappels op diep borde. Bedien ryklik met beesbredie sous.

Toffiepot Poeding

  • 4 eetlepels suiker
  • 4 eetlepels botter
  • 4 eetlepels konfyt soos appelkoos
  • 2 eiers, geklits
  • 8 eetlepels meel
  • 2 teelepels koeksoda
  • 1 koppie melk Sous
  • 1½ koppie melk
  • 1½ koppie suiker
  • ½ koppie room of ingedampte melk (Ideal Milk)
  • 2 teelepels vanieljegeursel
    Só maak jy
  1. Room die botter en suiker tot liggeel. Voeg die konfyt en eiers by die bottermengsel. Voeg die meel bietjie vir bietjie by. Meng die koeksoda met die melk en voeg dit bietjie vir bietjie by die mengsel totdat dit goed geklits is. Hou die beslag eenkant.
  2. Kook eers die sous deur al die bestanddele daarvoor in ’n groot swartboomkastrol van ten minste 3 liter te meng. Bring dit tot kookpunt.
  3. Terwyl die sous besig is om te kook, gooi die beslag stadig oor die agterkant van ’n houtlepel, in die sous. Moet dit glad nie roer nie. Plaas dadelik ’n deksel wat dig sluit op die pot. Prut dit vir 25 minute oor ’n matige hitte – pasop dit brand maklik. Die poeding sal verdik en ’n karamelagtige kleur kry. Verwyder van die hitte en laat staan 10 minute met die deksel voordat jy dit voorsit.

Skenkel Potjie

Benodighede:

Gebruik ‘n no. 3 of no. 4 potjie.

2 kg lamskenkels

sout en swartpeper na smaak

4 medium uie – opgekerf

4 knoffelhuisies – fyn opgekerf

2 x 410gm blikkie geskilde, opgesnyde tamaties

1 x 410gm blikkie “chick peas”

1 x 115gm blikkie tamatiepasta

1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny

(Na gekerf moet dit ongeveer 800gm weeg)

‘n koppie beesaftreksel opgelos in 250ml warm water

½ koppie rooiwyn

2 teelepels komyn

2 teelepels gemaalde koljander

2 eetlepels heuning

6 lourierblare

3 eetlepels witmeel

kookolie

YsterPot

Metode:

Voeg ‘n bietjie olie in die ysterpot en braai die vleis tot ligbruin.

Sout en peper die vleis en voeg ongeveer 400ml water by.

Kook die vleis oor matige kole vir ongeveer ‘n uur en ‘n half.

Terwyl jy wag vir die vleis, braai die uie saam met die komyn en koljander tot dit effe bruin is. (in ‘n dikboom pan).

Voeg die knoffel by en braai nog ‘n bietjie.

Meng stadig die beesaftreksel, tamatiepuree, heuning, wyn en tamaties in en strooi die meel oor terwyl jy aanhou roer.

Voeg die lourierblare by en bring tot kookpunt.

Nadat die vleis ‘n uur en ‘n half gekook het, meng die inhoud van die pan met die vleis en plaas die “chick peas” en buttenut bo-op die vleis.

Sout die potjie liggies en kook vir nog ongeveer 30 minute.

Beestert Potjie

Bestandele:

2 beessterte opgesny 

4 wortels in dik skywe gesny

3 medium gekapte uie 

1 blikkie botterboontjies

sout 1 pakkie beesstertpoeier

250ml beesboeljon 

4 aartappels in dik skywe gesny

250ml groenertjies 

250g sampioene

6 murgpampoentjies in skyfies 

2 uie in skywe gesny

METODE:

Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. 

Voeg sout by. Voeg soppoeier en boeljon by. Voeg water by en laat prut vir 2½ uur. 

Skep vet af. Voeg laag aartappels en wortels by. 

Daarna n laag botter-boontjies met sous. Voeg laag ertjies rou sampioene, murgpampoentjies en laag uieringe. 

Maak pot toe en prut vir ± ¾ uur. 

Maak kluitjies en pak bo-op. 

Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig 

Bedien 10 person 

Biryani

Bestandele:

600-700g Lam vleis

3 Koppies rys

4 Koppies uie

1 Eetlepel gekapte gemmer

1 Eetlepel gekapte knoffel

1 Eetlepel chilli poeier (of kurrie poeier)

6 Naeltjies

1 Teelepel Kaneel

6 Pele Kardemom (1/2 Teelepel poeier)

1/2 Teelepel neutmuskaat

1 Koppie Jogurt

1/4 Koppie Olie

Swart Peper-korrels na smaak (1/4 Teelepel)

Sout na Smaak

Cashew Neute vir garnering

Benodighede:

Foelie

Glasbak

Pan (met ‘n deksel)

Pot

Hout-Spane

Mes

Rol papier

Metode:

Sny die lam vleis in klein blokkies.

Was die rys en laat staan dit in ‘n bak water.

Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die helfde van die uie tot ‘n goue bruin kleur.

Verwyder die uie met ‘n hout lepel en plaas op papier, vir die olie om te dreineer. Sit dit een kant.

Verwyder meeste van die olie wat in die pan is. Een teelepel olie is genoeg.

Braai die res van die uie in die olie, tot dit sag is.

Gooi die chili poeier in en braai vir ‘n minuut.

Gooi die res van die speserye in en braai vir ‘n verdere 2-3 minute.

Gooi die vleis by en roer goed, tot die vleis na ‘n brein kleur verander.

Stel die hitte af en las die jogurt by. Meng goed.

Gooi ‘n halwe koppie water by en plass deksel op die pan. Laat dit kook vir 15 minute op middelmatige temperatuur.

Verwyder die deksel en laat kook die pan tot alle vloeistof in ‘n dik sous verander.

Terwyl die sous kook , verhit ‘n pot met 15 koppies water en sous vir die rys. Kook tot die rys sag is en dreineer goed.

Verhit die oond  na 190*C  (180*C – 200*C).

Pak nou die bestandele in ‘n oond-veilige glas bak soos volg:

-een laag rys

-een laag vleis

-gebraaide uie

-een laag rys

-gebraaide uie

Herhaal die proses as nodig

Souskluitjies

Bestandele:

Kluitjies:

250 ml koekmeelblom

10 ml bakpoeier

2 ml sout

50 ml margarien / botter

1 eier

100 ml melk

Sous:

500 ml kookwater

25 ml margarien / botter

kaneelsuiker

Sif droë bestanddele saam. Vryf 50 ml margarien in tot

mengsel soos broodkrummels lyk.

Klits eier en melk saam, roer by meelmengsel in en meng tot

‘n sagte deeg.

Voeg nog melk by indien nodig.

Verhit water en 25 ml margarien tot kookpunt.

Skep lepelsvol deeg in kokende water. Sit deksel op en laat

kook 15 minute. Moenie deksel oplig terwyl kluitjies kook nie.

Skep kluitjies met ‘n gleuflepel uit in ‘n diep opskepskottel.

Strooi kaneelsuiker oor.

Kook water waarin kluitjies gaar gemaak is weer. Voeg

kaneelsuiker by en giet oor kluitjies. Jy kan nog water

byvoeg indien nodig.

Soet-Suur Hoendervlerkies

Bestandele:

12 hoendervlerkies

½ koppie kookolie

1 gerasperde ui

1 teel vars knoffel

1 teel vars gemmer

1 koppie tamatiepuree

1 koppie tamatiesous

½ koppie asyn

¼ koppie Worcestershire sous

½ koppie bruinsuiker

1 teel chilli pasta

1 teel suurlemoenpeper

2 teel vars suurlemoensap

1 koppie water

sout na smaak

Verhit die olie in ‘n pot

Soteer ui, knoffel en gemmer vir 4-5 minute

Roer oorblywende bestanddele by (behalwe hoendervlerkies)

en prut vir 20 minute. Verwyder van hitte en laat heeltemal

afkoel.

Gooi oor hoendervlerkies en marineer in yskas oornag.

Bedrup kort-kort terwyl vlerkies gebraai word.

Melkkos

Bestandele:

125 g spaghetti, in korter stukkies gebreek (macaroni sal ook werk)

150 ml koekmeel

5 ml sout

50 ml witsuiker

1l melk

3 ekstra groot eiers, geskei

50 ml margarien

3 ml vanieljegeursel

1 ml amandelgeursel (indien verkies)

Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot

gaar en dreineer

Meng die droe bestanddele en meng met 250ml koue

melk. Klits die eiergele en voeg by.

Verhit die res van die melk en die botter. Voeg ‘n klein

bietjie hiervan by die meelmengsel en roer dan alles by die

res van die melk.

Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer

gedurig om te verseker dat die eiers nie skif op die bodem

nie. Voeg die spaghetti by

Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met

die vanielje- en amandelgeursel by die gaar melkkos in.

Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra

suiker indien verkies

Genoeg vir 4 mense (Ek maak dit sommer in die mikrogolf –

baie minder kans vir flops)

Maalvleisgereg

Bestandele:

500 g maalvleis

250 ml koue water

5ml sout

2 ml peper

100 ml blatjang

250 ml rou rys afgespoel

Uie soos verkies

410 g minestronesop

285 g geroomde sampoeine

500 ml kookwater

Meng maalvleis, koue water, sout, peper. Kook vinnig sonder

deksel, tot vloeistof weg is.

Skep maalvleis in ‘n bak. Smeer blatjang oor, Strooi rys oor,

Strooi sop oor, dan sampioene en laaste kookwater.

Sit deksel op of foelie.

Bak 1 ½ uur by 180° C