Vye Konfyt

Bestanddele

1 kg ryp vye, geskil

1 kg (1,250 ml) suiker

100 ml water

2 kruienaaltjies

Metode

Sny die geskilde vye in kwarte. Plaas die vye, suiker, water en naaltjies in ’n kastrol.

Verhit en hou aan roer tot die suiker gesmelt het. Die mengsel moenie begin kook voor die suiker heeltemal gesmelt het nie.

Doop ’n kombuiskwas in ’n bakkie koue water en vee die suiker wat teen die rand van die kastrol opkook daarmee af.

Laat die konfyt oor ’n lae hitte vir sowat 30—40 minute prut.

Skep skuim af wat vorm soos konfyt kook. Hoe stadiger die konfyt kook, hoe mooier is sy kleur.

Plaas ’n bordjie in die yskas. Drup van die warm stroop op die koue bord. Trek jou vinger deur die stroop en as die spoor daar bly, is die konfyt reg.

Skep die warm konfyt in gesteriliseerde flesse. Maak toe en laat onderstebo afkoel.

Similar Posts

  • Perske Piekels

    Bestandele: 1kg Geel perskes 4 gekerfde groot uie 1 groot gekerfde groenrissie 1 koppie sultanas of pitlose rosyne 25 ml kerrie 15 ml sout 5 ml fyn gemmer 5 ml fyn koljander 7 ml “crushed” knoffel 15 ml borrie 3 koppies suiker 50 ml mielieblom 12.5 ml mosterd 1 bottel asyn (750 ml) Sny die

  • Beet Blatjang

    2 groot bossies beet 8 – 10 uie 6 eetlepels Sterk kerriepoeier 1.5 kgm Suiker 1.5 liter bruin asyn sout en peper na smaak 3 eetlepels Olie 4 eetlepels Maizena Kook beet tot sag en rasper Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg by beet. Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot

  • Brandrissie Blatjang

    Bestandele: 3 uie 10 ml kerriepoeier 2 knoffelhuisies 5 ml mosterdpoeier 500 ml opgesnyde brandrissies/peppadews 5 ml fyn gemmer 250 ml bruin asyn 5 ml gemengde kruie 750 ml appelkooskonfyt 5 ml sout Skil uie en knoffel en maal saam met die rissies. Voeg asyn by en kook dit ‘n paar minute lank. Roer res

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *