Skenkel Potjie

Benodighede:

Gebruik ‘n no. 3 of no. 4 potjie.

2 kg lamskenkels

sout en swartpeper na smaak

4 medium uie – opgekerf

4 knoffelhuisies – fyn opgekerf

2 x 410gm blikkie geskilde, opgesnyde tamaties

1 x 410gm blikkie “chick peas”

1 x 115gm blikkie tamatiepasta

1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny

(Na gekerf moet dit ongeveer 800gm weeg)

‘n koppie beesaftreksel opgelos in 250ml warm water

½ koppie rooiwyn

2 teelepels komyn

2 teelepels gemaalde koljander

2 eetlepels heuning

6 lourierblare

3 eetlepels witmeel

kookolie

YsterPot

Metode:

Voeg ‘n bietjie olie in die ysterpot en braai die vleis tot ligbruin.

Sout en peper die vleis en voeg ongeveer 400ml water by.

Kook die vleis oor matige kole vir ongeveer ‘n uur en ‘n half.

Terwyl jy wag vir die vleis, braai die uie saam met die komyn en koljander tot dit effe bruin is. (in ‘n dikboom pan).

Voeg die knoffel by en braai nog ‘n bietjie.

Meng stadig die beesaftreksel, tamatiepuree, heuning, wyn en tamaties in en strooi die meel oor terwyl jy aanhou roer.

Voeg die lourierblare by en bring tot kookpunt.

Nadat die vleis ‘n uur en ‘n half gekook het, meng die inhoud van die pan met die vleis en plaas die “chick peas” en buttenut bo-op die vleis.

Sout die potjie liggies en kook vir nog ongeveer 30 minute.

Similar Posts

  • Biryani

    Bestandele: 600-700g Lam vleis 3 Koppies rys 4 Koppies uie 1 Eetlepel gekapte gemmer 1 Eetlepel gekapte knoffel 1 Eetlepel chilli poeier (of kurrie poeier) 6 Naeltjies 1 Teelepel Kaneel 6 Pele Kardemom (1/2 Teelepel poeier) 1/2 Teelepel neutmuskaat 1 Koppie Jogurt 1/4 Koppie Olie Swart Peper-korrels na smaak (1/4 Teelepel) Sout na Smaak Cashew

  • Soet-Suur Hoendervlerkies

    Bestandele: 12 hoendervlerkies ½ koppie kookolie 1 gerasperde ui 1 teel vars knoffel 1 teel vars gemmer 1 koppie tamatiepuree 1 koppie tamatiesous ½ koppie asyn ¼ koppie Worcestershire sous ½ koppie bruinsuiker 1 teel chilli pasta 1 teel suurlemoenpeper 2 teel vars suurlemoensap 1 koppie water sout na smaak Verhit die olie in ‘n

  • Beestert Potjie

    Bestandele: 2 beessterte opgesny  4 wortels in dik skywe gesny 3 medium gekapte uie  1 blikkie botterboontjies sout 1 pakkie beesstertpoeier 250ml beesboeljon  4 aartappels in dik skywe gesny 250ml groenertjies  250g sampioene 6 murgpampoentjies in skyfies  2 uie in skywe gesny METODE: Verbruin die beesstert in ´n warm pot met olie en gekapte uie. 

  • Maalvleisgereg

    Bestandele: 500 g maalvleis 250 ml koue water 5ml sout 2 ml peper 100 ml blatjang 250 ml rou rys afgespoel Uie soos verkies 410 g minestronesop 285 g geroomde sampoeine 500 ml kookwater Meng maalvleis, koue water, sout, peper. Kook vinnig sonder deksel, tot vloeistof weg is. Skep maalvleis in ‘n bak. Smeer blatjang

  • | |

    Hoender Bredie

    hoenderbredie Bestandele: 1 kg Hoender Sout & Peper 1 Pakkie Sampioensop 250 ml macaroni 125 g botter of margarien 2 uie in blokkies gesny 4 tamaties in blokkies gesny 125 ml ongesifte koekmeelblom 200 ml Water 250 ml Kaas Geur hoender met sout & peper en kook tot sag. Ontbeen en sny vleis in stukke.

  • Beesbredie en Kapok Aartappels

    Bestanddele: Vir die Beesbredie:900 g beesvleis (in blokkies van 3,75 cm gesny)Sout & peper na smaak30 ml olyfolie1 rooiui (fyngekap)3 knoffelhuise (fyngedruk)125 ml groenolymte (heel of in helftes)30 ml tamatiepasta250 ml rooiwyn (of beesbouillon)250 ml beesbouillon5 ml paprika2,5 ml gedroogde tiemie1 lourierblad Vir die Kapokaartappels:900 g aartappels (geskil, in blokkies)125 ml room60 ml botterSout na

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *