Bestandele:
1kg Geel perskes
4 gekerfde groot uie
1 groot gekerfde groenrissie
1 koppie sultanas of pitlose rosyne
25 ml kerrie
15 ml sout
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn koljander
7 ml “crushed” knoffel
15 ml borrie
3 koppies suiker
50 ml mielieblom
12.5 ml mosterd
1 bottel asyn (750 ml)
Sny die perskes in snippers en kook in mikrogolf tot matig sag.
Kap uie en rissie – moet dit nie te fyn kap nie dit moet grof
wees.
Meng die speserye met ‘n bietjie water.
Gooi suiker by asyn en verhit. Roer dit dan tot die suiker begin
oplos.
Voeg speserymengsel by. En kook vir 15 minute.
Voeg die rosyne by.
Voeg perskes, gekapte uie en rissie by. Kook tot sag in die
bogenoemde mengsel.
Voeg die mielieblom, wat met die sap van die gekookte
perskes aangemaak is, by. Kook tot piekels/blatjang verdik.
Gooi in gesteriliseerde bottels of flesse terwyl dit nog warm
is en maak dit dadelik toe