Bestandele:
500 g maalvleis
250 ml koue water
5ml sout
2 ml peper
100 ml blatjang
250 ml rou rys afgespoel
Uie soos verkies
410 g minestronesop
285 g geroomde sampoeine
500 ml kookwater
Meng maalvleis, koue water, sout, peper. Kook vinnig sonder
deksel, tot vloeistof weg is.
Skep maalvleis in ‘n bak. Smeer blatjang oor, Strooi rys oor,
Strooi sop oor, dan sampioene en laaste kookwater.
Sit deksel op of foelie.
Bak 1 ½ uur by 180° C