Bestandele:

600-700g Lam vleis

3 Koppies rys

4 Koppies uie

1 Eetlepel gekapte gemmer

1 Eetlepel gekapte knoffel

1 Eetlepel chilli poeier (of kurrie poeier)

6 Naeltjies

1 Teelepel Kaneel

6 Pele Kardemom (1/2 Teelepel poeier)

1/2 Teelepel neutmuskaat

1 Koppie Jogurt

1/4 Koppie Olie

Swart Peper-korrels na smaak (1/4 Teelepel)

Sout na Smaak

Cashew Neute vir garnering

Benodighede:

Foelie

Glasbak

Pan (met ‘n deksel)

Pot

Hout-Spane

Mes

Rol papier

Metode:

Sny die lam vleis in klein blokkies.

Was die rys en laat staan dit in ‘n bak water.

Verhit die olie in ‘n groot pan en braai die helfde van die uie tot ‘n goue bruin kleur.

Verwyder die uie met ‘n hout lepel en plaas op papier, vir die olie om te dreineer. Sit dit een kant.

Verwyder meeste van die olie wat in die pan is. Een teelepel olie is genoeg.

Braai die res van die uie in die olie, tot dit sag is.

Gooi die chili poeier in en braai vir ‘n minuut.

Gooi die res van die speserye in en braai vir ‘n verdere 2-3 minute.

Gooi die vleis by en roer goed, tot die vleis na ‘n brein kleur verander.

Stel die hitte af en las die jogurt by. Meng goed.

Gooi ‘n halwe koppie water by en plass deksel op die pan. Laat dit kook vir 15 minute op middelmatige temperatuur.

Verwyder die deksel en laat kook die pan tot alle vloeistof in ‘n dik sous verander.

Terwyl die sous kook , verhit ‘n pot met 15 koppies water en sous vir die rys. Kook tot die rys sag is en dreineer goed.

Verhit die oond  na 190*C  (180*C – 200*C).

Pak nou die bestandele in ‘n oond-veilige glas bak soos volg:

-een laag rys

-een laag vleis

-gebraaide uie

-een laag rys

-gebraaide uie

Herhaal die proses as nodig