Perske Piekels

Bestandele:

1kg Geel perskes

4 gekerfde groot uie

1 groot gekerfde groenrissie

1 koppie sultanas of pitlose rosyne

25 ml kerrie

15 ml sout

5 ml fyn gemmer

5 ml fyn koljander

7 ml “crushed” knoffel

15 ml borrie

3 koppies suiker

50 ml mielieblom

12.5 ml mosterd

1 bottel asyn (750 ml)

Sny die perskes in snippers en kook in mikrogolf tot matig sag.

Kap uie en rissie – moet dit nie te fyn kap nie dit moet grof

wees.

Meng die speserye met ‘n bietjie water.

Gooi suiker by asyn en verhit. Roer dit dan tot die suiker begin

oplos.

Voeg  speserymengsel by. En kook vir 15 minute.

Voeg die rosyne by.

Voeg perskes, gekapte uie en rissie by. Kook tot sag in die

bogenoemde mengsel.

Voeg die mielieblom, wat met die sap van die gekookte

perskes aangemaak is, by. Kook tot piekels/blatjang verdik.

Gooi in gesteriliseerde bottels of flesse terwyl dit nog warm

is en maak dit dadelik toe

Similar Posts

  • Vye Konfyt

    Bestanddele 1 kg ryp vye, geskil 1 kg (1,250 ml) suiker 100 ml water 2 kruienaaltjies Metode Sny die geskilde vye in kwarte. Plaas die vye, suiker, water en naaltjies in ’n kastrol. Verhit en hou aan roer tot die suiker gesmelt het. Die mengsel moenie begin kook voor die suiker heeltemal gesmelt het nie.

  • Brandrissie Blatjang

    Bestandele: 3 uie 10 ml kerriepoeier 2 knoffelhuisies 5 ml mosterdpoeier 500 ml opgesnyde brandrissies/peppadews 5 ml fyn gemmer 250 ml bruin asyn 5 ml gemengde kruie 750 ml appelkooskonfyt 5 ml sout Skil uie en knoffel en maal saam met die rissies. Voeg asyn by en kook dit ‘n paar minute lank. Roer res

  • Beet Blatjang

    2 groot bossies beet 8 – 10 uie 6 eetlepels Sterk kerriepoeier 1.5 kgm Suiker 1.5 liter bruin asyn sout en peper na smaak 3 eetlepels Olie 4 eetlepels Maizena Kook beet tot sag en rasper Braai uie in olie tot ligbruin. Voeg by beet. Voeg kerriepoeier, suiker, asyn, sout en peper by. Bring tot

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *