Melkkos

Bestandele:

125 g spaghetti, in korter stukkies gebreek (macaroni sal ook werk)

150 ml koekmeel

5 ml sout

50 ml witsuiker

1l melk

3 ekstra groot eiers, geskei

50 ml margarien

3 ml vanieljegeursel

1 ml amandelgeursel (indien verkies)

Kook die spaghetti in genoeg vinnig kokende soutwater tot

gaar en dreineer

Meng die droe bestanddele en meng met 250ml koue

melk. Klits die eiergele en voeg by.

Verhit die res van die melk en die botter. Voeg ‘n klein

bietjie hiervan by die meelmengsel en roer dan alles by die

res van die melk.

Verhit oor lae hitte tot die mengsel kook en verdik. Roer

gedurig om te verseker dat die eiers nie skif op die bodem

nie. Voeg die spaghetti by

Klits die eierwitte tot dit sagte punte vorm en vou saam met

die vanielje- en amandelgeursel by die gaar melkkos in.

Strooi kaneelsuiker oor en dien op in sopborde met ekstra

suiker indien verkies

Genoeg vir 4 mense (Ek maak dit sommer in die mikrogolf –

baie minder kans vir flops)

Similar Posts

  • | |

    Hoender Bredie

    hoenderbredie Bestandele: 1 kg Hoender Sout & Peper 1 Pakkie Sampioensop 250 ml macaroni 125 g botter of margarien 2 uie in blokkies gesny 4 tamaties in blokkies gesny 125 ml ongesifte koekmeelblom 200 ml Water 250 ml Kaas Geur hoender met sout & peper en kook tot sag. Ontbeen en sny vleis in stukke.

  • Skenkel Potjie

    Benodighede: Gebruik ‘n no. 3 of no. 4 potjie. 2 kg lamskenkels sout en swartpeper na smaak 4 medium uie – opgekerf 4 knoffelhuisies – fyn opgekerf 2 x 410gm blikkie geskilde, opgesnyde tamaties 1 x 410gm blikkie “chick peas” 1 x 115gm blikkie tamatiepasta 1 groot botterskorsie, geskil en in blokkies gesny (Na gekerf

  • Biryani

    Bestandele: 600-700g Lam vleis 3 Koppies rys 4 Koppies uie 1 Eetlepel gekapte gemmer 1 Eetlepel gekapte knoffel 1 Eetlepel chilli poeier (of kurrie poeier) 6 Naeltjies 1 Teelepel Kaneel 6 Pele Kardemom (1/2 Teelepel poeier) 1/2 Teelepel neutmuskaat 1 Koppie Jogurt 1/4 Koppie Olie Swart Peper-korrels na smaak (1/4 Teelepel) Sout na Smaak Cashew

  • Maalvleisgereg

    Bestandele: 500 g maalvleis 250 ml koue water 5ml sout 2 ml peper 100 ml blatjang 250 ml rou rys afgespoel Uie soos verkies 410 g minestronesop 285 g geroomde sampoeine 500 ml kookwater Meng maalvleis, koue water, sout, peper. Kook vinnig sonder deksel, tot vloeistof weg is. Skep maalvleis in ‘n bak. Smeer blatjang

  • Beesbredie en Kapok Aartappels

    Bestanddele: Vir die Beesbredie:900 g beesvleis (in blokkies van 3,75 cm gesny)Sout & peper na smaak30 ml olyfolie1 rooiui (fyngekap)3 knoffelhuise (fyngedruk)125 ml groenolymte (heel of in helftes)30 ml tamatiepasta250 ml rooiwyn (of beesbouillon)250 ml beesbouillon5 ml paprika2,5 ml gedroogde tiemie1 lourierblad Vir die Kapokaartappels:900 g aartappels (geskil, in blokkies)125 ml room60 ml botterSout na

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *