Outydse Gemmerbier

16 koppies (4 liter) warm (nie kokend) water
3 hoogvol teelepels droë gemmer
1 hoogvol teelepel kremetart
2 plat teelepels kits suurdeeg
4 koppies suiker
2 eetlepels gerasperde rou gemmer.
1 koppie rosyntjies.
Meng alles goed saam tot suiker mooi opgelos is in ‘n emmertjie en maak hom dig toe. Vat dan ‘n fleesie kombersie of handoek en draai om jou emmer en sit op n warm plek in die huis om te gis. (Nie in sonlig nie) naby n vrieskas of stoof werk lekker.
Gemmerbier MOET 24 uur gis.
Om te sif gebruik eers n kombuis sif om groot stukke uit te kry…sif dan deer katoen lap (gebruik ‘n sakkie van katoen waarin om dit gooi en deur sif) ander doeke werk te moeilik.
As jy klaar deurgesuig het, gooi in jou bottels (nie te vol,) en sit van jou rosyne wat in die gemmerbier was, in die bottels. Maak toe (nie te styf nie) en verkoel.
